Styl (beeldende kunste)

Picasso se Les Demoiselles d'Avignon.
Picasso se La Vie.

In die beeldende kunste is styl 'n "... bepaalde manier wat die groepering van werke in verwante kategorieë moontlik maak"[1] of "...enige bepaalde en dus herkenbare manier waarop 'n stuk uitgevoer of 'n artefak gemaak word, of uitgevoer en gemaak behoort te word."[2] Dit verwys na die visuele voorkoms van 'n kunswerk wat verband hou met ander werke deur dieselfde kunstenaar, of werke van dieselfde tydperk, opleiding, streek, "skool", kunsbeweging of argeologiese kultuur: "Die idee van styl was lank die vernaamste metode waarvolgens die kunshistorikus kunswerke geklassifiseer het. Hy selekteer en vorm die kunsgeskiedenis volgens styl".[3]

  1. Fernie, Eric.
  2. Gombrich, 150
  3. George Kubler summarizing the view of Meyer Schapiro (with whom he disagrees), quoted by Alpers in Lang, 138

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search